Man brand dood toe bakkie rol en grafstene op hom val

ʼn Man het Saterdag dood gebrand nadat hy onder ʼn bakkie vasgevang was wat omgeslaan en aan die brand geslaan het.

Volgens kaptein Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval tussen Mareetsane en Setlagole naby Mahikeng, in Noordwes, plaasgevind.

“Die Toyota Hilux bakkie met vyf insittendes het grafstene en sement vervoer en was van Rustenburg na Kraaipan onderweg. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor weens ʼn meganiese probleem,” sê Makau. “Die bakkie het gerol en aan die brand geslaan. Die man, ‘n Mosambieker, was onder die grafstene vasgevang en het dood gebrand.”

Die bestuurder is ongedeerd. Twee ander mans is op die toneel vir geringe beserings behandel. Een van die mans is ernstig beseer en na ʼn hospitaal in Mahikeng geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.