ʼn Man het doodgebrand nadat ʼn vragmotor en ʼn voertuig in Riversdal in die Wes-Kaap gebots het.
Kapt. Malcom Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voertuig het kort na die botsing aan die brand geslaan terwyl die bestuurder agter die stuurwiel vasgekeer was. “Die man was vermoedelik onderweg na Riversdal toe hy beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor teen die vragmotor gebots het,” het Pojie gesê.
Die drie insittendes van die vragmotor is na die Riversdal-hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die Riversdal-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.
– Sapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ja nee, Om op die paaie te wees is nie kinderspeletjies nie……….Te veel bestuurders verloor beheer deesdae………..Laat n mens wonder hoekom ?