Man buite JHB-nagklub doodgeskiet

tiger tiger logoʼn Man is Sondagoggend in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Johannesburg doodgeskiet en twee ander is gewond.

EWN berig die skietery het buite die Tiger Tiger-nagklub in Fourways plaasgevind.

Volgens Lydia Dikolomela, ʼn polisiewoordvoerder, het ʼn man buite die nagklub op die drie slagoffers losgebrand nadat daar glo ʼn onderonsie tussen die verdagte en die slagoffers ontstaan het.

“ʼn 25-jargige man het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die ander twee is in die hospitaal opgeneem,” het Dikolomela gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Hulle is nog op soek na die verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.