ʼn Man, slegs bekend as pastoor Martin, is Vrydag voor die Blue Downs-landdroshof geskiet.
Eric Ntabazalila, die woordvoerder van die Wes-Kaapse nasionale vervolgingsgesag, sê die rede vir die skietvoorval is nog nie bekend nie. “In die stadium weet ek net die man was bekend as pastoor Martin. Ek weet nie wat die man se toestand is nie en of hy verband hou met enige van die sake wat in die hof voorkom nie,” het hy gesê.
Die polisie is besig op die toneel en meer inligting sal later beskikbaar wees.
Sapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Seker ook Calvinisme se skuld ….