Man buite Wes-Kaapse hooggeregshof geskiet

Die foto is deur @trainsford op Twitter gelaai

ʼn Man is Dinsdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof in die gesig geskiet.

Volgens ooggetuies het twee mans en ʼn vrou na die hof geloop toe die skieter hulle glo genader en die een man in die gesig geskiet het. Die voorval het op die hoek van Leeuwen- en Keeromstraat plaasgevind. Talle mense het op die toneel saamgedrom terwyl paramedici die man behandel en daarna ʼn nabygeleë hospitaal vervoer het. Intussen het die polisie glo na vier mans gesoek by ʼn gebou oorkant die hof. ʼn Onbekende aantal mans is in hegtenis geneem. Die skietery hou glo verband met die verskyning van bendelede in die hof. Die polisie wou nog nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.