Man byt slang dood

‘n Man van Nepal wat deur ‘n kobra gepik is, het teruggebyt en die slang gedood.

Mohamed Salmo Miya het die slang gejaag wat hom Dinsdag in sy rysveld gepik het, hom gevang en hom gebyt tot die slang gevrek het, berig Annapuma Post. “Ek kon hom met ‘n stok ook doodgeslaan het, maar het hom eerder gebyt omdat ek so kwaad was,” het Miya (55) gesê. Miya woon in ‘n dorpie sowat 200km suid-oos van Kathmandu, Nepal. Niraj Shahi, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, wat tans by ‘n nabygeleë hospitaal behandel word, sterk aan en sal nie aangekla word omdat hy die slang gebyt het nie. Die kobra, ‘n “goman” in Nepal, is nie ‘n bedreigde spesie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.