Man byt volstruis dood

Argieffoto

‘n 27-jarige man het glo op 19 Januarie by ‘n dieretuin in Sjina in die volstruise se hok geklim en een van die voëls doodgebyt.

Die man is by die dieretuin in Shaoguan City in hegtenis geneem en na ‘n hospitaal geneem. Daar is egter ook ander berigte van dieremishandeling in Sjinese dieretuine.

Besoekers aan die Hangzhou-dieretuin het glo op 5 Januarie 2013 van die leeus met sneeuballe bestook (foto’s volg onderaan die berig). Dieretuinwerkers by die Rural Grand View Garden in Shenzen het ook ‘n voorval aangemeld waar besoekers klippe en vullis in die krokodilhok gegooi het, sodat die hibernerende diere moes beweeg. Meeste van die krokodille is weens dié voorval dood.

“Bewustheid oor diereregte is, vir kulturele en ekonomiese redes, nie hoog op Sjina se ranglys nie,” het Benjamin Carlson, senior korrespondent vir die GlobalPost in Hong Kong, gesê. “Die reaksie wat ons egter op Weibo (Sjina se weergawe van Twitter) gesien het, toon egter dat omgewingskundiges stadig maar seker besig is om die publiek op te voed.”
[nggallery id=107]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.