Man daag by sy eie begrafnis op

Dit gebeur nie gereeld nie, maar ‘n motorwasser van Brasilië het by sy eie begrafnis opgedaag.

“Mense was so geskok. Van die vroue het flou geval, en van die mense het begin rondhardloop,” het Maria Menezes, een van die roubekleërs by die geleentheid in Alagoinhas, in Salvador de Bahia, gesê. Gilberto Araujo (41) het by ‘n vriend op straat gehoor dat sy familie dink hy’s dood en dat hulle gereed is om hom te begrawe. Hy het hom dadelik na die begrafnis gehaas. “Die vriend het gesê daar is ‘n kis by die begrafnis – en dat ek daarin is,” het Araujo gesê. “Ek het gesê: ‘Maar ek lewe dan! Knyp my!”

Araujo se gesin sou ‘n lyk, wat baie soos hul geliefde lyk, begrawe. Die liggaam is glo nog nie formeel uitgeken nie.

“Ek is oorstelp van vreugde,” het Marina Santana, Araujo se ma, gesê. “Watter ma sal nie verheug wees om te hoor dat haar kind, wat sy gedink het dood is, eintlik lewe nie?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.