Man dagvaar bank vir vrou se ontrouheid

‘n Man van Johannesburg het probeer om FirstRand-bank te dagvaar nadat sy vrou glo op ‘n kollega verlief geraak het terwyl sy daar gewerk het.

“Daar moet ‘n leuse wees, ex curia Johannesburgensis semper aliquid novi: uit die Johannesburgse hooggeregshof is daar altyd iets nuut,” het regter Nigel Willis in sy uitspraak gesê. “Ek weet litigante kan hier in Johannesburg verbeeldingryk raak, maar hierdie een moet ‘n spesiale prys ontvang.”

Dessie Ramnath het in sy aansoek aangevoer die bank is verantwoordelik vir sy pyn en lyding wat hy weens die verhouding moes verduur, berig The Star.

Volgens die verslag het Willis gesê die eis is bisar en duidelik sonder meriete. “Daar word nie voorsiening in ons gemene reg gemaak vir só ‘n eis nie,” het Willis gesê. “Ek is vol vertroue dat, hoeveel regters van hierdie afdeling ook al die gemene reg wil ontwikkel, ons in hierdie land nie gaan begin om skadevergoeding te betaal vir eise teen werknemers wat by die werk verlief raak op mekaar nie. Dit gebeur die hele tyd. Dit het al gebeur, en dit sal sonder twyfel weer gebeur totdat die koeie huis toe kom.”

Die bank het Ramnath se eis teengestaan.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Dis beslis nie die bank se skuld dat hy nie sy vrou genoeg liefde gegee het nie, as hy meer aandag en liefde aan haar gegee het sou sy nie op iemand anders verlief geraak het nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.