Man dagvaar Eskom omdat sy gebede kragonderbrekings voorkom het

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Noordwes dagvaar Eskom vir R250 miljoen omdat hy beweer sy gebede het verhoed dat kragonderbrekings tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 voorgekom het, het Beeld Dinsdag berig.

Nelson Thabo Modupe, ʼn inwoner van Lichtenburg, is ʼn lid van die Zion Christian Church.

In ’n brief aan Eskom voer hy aan die hoofrede vir beurtkrag was al die tyd weerlig en wind, en hy het God gevra dat geen kragonderbrekings sou plaasvind nie. Modupe voer aan dat sy gebede daartoe gelei het dat Eskom nie langer die las van beurtkrag en die vernedering wat daarmee gepaard gaan hoef te dra nie.

Hy meen nou dat Eskom hom R250 miljoen skuld. As alternatief kan Eskom hom ’n volle vennoot in die maatskappy maak.

Die eis is op die hofrol van die hooggeregshof van Noordwes geplaas en gaan na verwagting Donderdag aangehoor word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lolliepop ·

Nou moet hy net bid dat die 2 damme in Lichtenburg vol water word.

lmga ·

Whahahahhahahahahahahahahahhahahahahaha!!!!!!! Dit is die snaakste ding wat ek ooit gehoor het!!!!!!! My dag is gemaak! Kan nie glo dit gaan actually hof toe nie!?! Net in Suid Afrika…………

Eben ·

Het die man alle varks op hok …. of is dit voorvaders almal in een kraal?

PURE BOER ·

Moet ook nie vergeet om te bid vir petrol om te daal nie, sanral om te vou, DA om te wen en koerupte polisie om gevang te word

Ina ·

Ai dis te kosbaar vir woorde ,, darem bly hy kon sy sokker kyk alhuwel miljoene nie eens elektrisiteit het nie. Sal hy nie dalk meer geld maak deur sy dienste aan te bied vir mense wat geld en geluk en sulke goed ook soek nie..Ek sien gereeld sulke pamflette van mense wat jou kan help met alle kwale of probleme ..

mickey ·

ek wou se arme aap maar ek kan sowaar nie n aap so beledig nie maar kyk maar hy gaan nog met n stewige klompie geld wegloop want die sogenaamde agtergeblewenise kry vandag die bykans onmoontlike reg veral waar dit by die toekening van belastinggelde kom gelukkig kan ek ook in die ry staan oor so 10 jaar want dan is ek ook n agtergeblewene

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.