Man deur eie vragmotor omgery

ER24 se helikopter op die toneel.

ʼn 34-jarige man van Pretoria is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy vermoedelik in ʼn fratsongeluk deur sy eie vragmotor raakgery is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval Vrydagoggend by die slagoffer se huis in Mamelodi, oos van Pretoria, plaasgevind.

“Dit wil voorkom asof dit ʼn fratsongeluk was. Die man is die bestuurder van die vragmotor. Hy het vermoedelik die vragmotor in sy erf geskuif waarna hy uit die voertuig geklim het. Die vragmotor het vir een of ander rede begin beweeg en oor die man se onderlyf gery,” het Jackson gesê.

Die man se vrou het die voorval gesien en hulp ontbied. Paramedici moes haar op die toneel vir skok behandel.

Die man het twee bene en sy heup gebreek. Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na die Doctor George Mukhari-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.