Man deur luiperd aangeval

‘n Man is ernstig beseer nadat hy deur ʼn luiperd aangeval is op ʼn wildreservaat in Polokwane.

Volgens paramedici van ER24 het die man en sy vrou as gidse opgetree vir ʼn buitelandse jagter. Die jagter het na bewering Saterdag ʼn luiperd gekwes. Die groep is Sondagoggend terug veld toe om die luiperd te probeer opspoor en is deur die gekweste luiperd aangeval. Die luiperd het glo die jagter probeer aanval toe die gids tussenbeide getree het. Die man is ernstig beseer. Sy vrou is ook in die voorval beseer. Die paartjie is per helikopter na die Polokwane provinsiale hospitaal geneem. Die man het diep wonde aan sy skouer en arm opgedoen sowel as bytmerke aan sy maag. Die paartjie is na die Limpopo Medikliniek oorgeplaas vir verdere behandeling

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.