Man deur metropolisie geskiet

Argief. Foto: SAPA

Argief. Foto: SAPA

ʼn Man is Saterdagaand in Yeoville deur metropolisiebeamptes geskiet en gewond nadat hy en twee makkers op die beamptes losgebrand het tydens ʼn roetine-padblokkade.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê beamptes het vroeg Saterdagaand motors afgetrek en deursoek op die hoek van Raleigh- en Bedfordstraat. Hy sê beamptes het ʼn grys Toyota afgetrek met drie manlike insittendes. “Beamptes het die motor genader waarna die drie mans uitgeklim en op beamptes begin losbrand het. Die beamptes het teruggevuur en een van die verdagtes geskiet en gewond.” Minnaar sê die verdagte is in hegtenis geneem en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Drie omstanders is ook tydens die skietery gewond en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Minnaar sê geen metropolisiebeamptes is tydens die voorval gewond nie. Die polisie soek intussen na die ander twee verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.