Man deur plantmasjien raakgery

ʼn Plaaswerker is Maandag ernstig beseer nadat hy op ʼn plaas tussen Dealesville en Hertzogville in die Vrystaat deur ʼn plantmasjien raakgery is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die man op die masjien gesit toe hy glo gegly en onder die voertuig se wiele beland het.

“Sy kollegas het besef die man moet so gou as moontlik behandel word en het hom op die agterkant van ʼn bakkie na ʼn nasionale pad geneem wat makliker toeganklik is vir paramedici,” het Jackson gesê.

Die man het interne beserings opgedoen en sy heup gebreek. Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.