Man deur polisiebeampte doodgeskiet

SAPDDie polisie het Donderdag ʼn man by die Kwaggasrand-gholfbaan in die weste van Pretoria doodgeskiet.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het die gebied gepatrolleer toe hulle sien ʼn man hardloop weg van hulle af waarna hulle hom agternagesit het. Malila sê een van die polisiebeamptes kon daarin slaag om die man in te haal waarna hy die polisiebeampte met ʼn skerp voorwerp aangeval het. Die polisiebeampte het drie skote op die man afgevuur waarvan een hom getref het. Hy is later in die hospitaal oorlede. Malila sê ʼn groot mes, ʼn skêr en drie selfone is op die toneel gevind. Hy sê daar is ook die dwelms nyaope en dagga beslag gelê. Die polisiebeampte is na ʼn hospitaal geneem vir sy beserings en is later ontslaan. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die saak ondersoek. Die polisie ondersoek intussen sake van moord, die besit van dwelms, kwaadwillige saakbeskadiging, die aanval van ʼn polisiebeampte en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.