Man deur skare aan die brand gesteek

Saps-ls10-320x224ʼn 30-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy deur ʼn woedende skare aan die brand gesteek is in Siyabuswa in Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep mense het die man ontvoer en hom aan ʼn boom vasgemaak. Hulle het hom met plastieksakke bedek, paraffien oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek. “Die man is deur die polisie gered nadat hulle inligting van bekommerde gemeenskapslede ontvang het.” Mohlala sê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Mohlala sê gemeenskapslede moet nie die reg in eie hande neem nie. “Die optrede van individue wat die wet in eie hande neem is krimineel en ons waarsku die oortreders van bende-geregtigheid om die grusame en onwettige daad te stop. Wanneer ʼn misdaad gepleeg word, is die wetlike beginsel om die polisie na die toneel te ontbied,” het Mohlala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Seg Net ·

Die polisie moet na enige misdaad toneel ontbied word,j, maar wat gebeur? Kom soms nie eers uit nie. Kom ure daarna uit dan is die misdadiger al weg. Vang hom laat hom daarna weer vry. Kom ons seg dit sommer in kort. Die polisie is onbevoeg om hulle werk te doen.

Seg Net ·

More seg Vuurnan en ander, ongeskik van my om net in te val en te praat. Sal maniere moet kry.

Angelus ·

More, more almal. Sluit die polisie toe omdat hulle die mense hinder in die uitvoering van hul burgerlike pligte!

Ver Van Ryn ·

Genugtig mense, om die reg in eie hand te neem is vreeslik sleg. Dit bevorder ‘n sisteem van anargie wat die land in erger probleme kan dompel. Daar word nie eers genoem waarvan die man beskuldig is nie. Hierdie bendes is nie vol supermans, batmans of iron mans nie. Dit is ‘n klomp barbare wat dink die enigste uitweg is primitiewe en dierlike geweld. Daar is geen verskil tussen hierdie skuim en die skuim wat mense genecklace het in die ou Suid-Afrika nie.

JAVR ·

Goeie more Ver Van Ryn, ek moet jou sê, wat ek opgemerk het van die swartes wat die skelms en gemors so aantree is dat hulle informasie 100% in die kol is voor hulle enige aksie vat! Daarom is dit nie reg in eie hand neem nie maar reg en geregtigheid laat seëvier want ons kan dit nie van die polisie verkry nie!!! Hulle is gatvol vir al die probleme wat hulle met die bendes en gemors het en weet die polisie gaan NOOIT iets daaromtrent doen nie en dus kan hulle net op hulself staatmaak! Ander sal nou 2 keer dink voor hulle weer k.k aanjaag daar!

Eben ·

Stem JAVR daardie manne moet bietjie onder die korrupte ministers inklim en daar ook skoon maak … sal daar van hulle oor bly? Glo die meerderheid swartes is net so gatvol vir misdaad en daar word niks aan gedoen, en as daar iets gedoen word moet ‘ietsie’ betaal word.

biljam se donkie ·

Ek sien nou die dag op n ANC voertuig”THE STRUGGEL GOES ON” en agter op n taxi”nblackman is always a suspect”soms praat hulle tog die waarheid,daar gaan nog laaaaaank ge “struggel”word

Rudi ·

“When Times Are Tough, Friends Are Few”

“Don’t Talk To Me, Talk To My Lawyer”

JAVR ·

Moenie stress nie Biljam. Hulle gee jou net die opsie om te verander as jy wil! Jy sal ‘n ander boodskap sien as hulle dink jou kommentaar is akkies. MOENIE MY VRA WAT DIT IS NIE!!! EK KAN NIE ONTHOU NIE! Trippie, Willy, Segnet help!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.