Man deur trein doodgery

ʼn Man is dood nadat hy Saterdag deur ʼn trein raakgery is in Simonsdale, Limpopo.

Konst. Moses Molepo, woordvoerder van die polisie, sê die man het die spoorlyn probeer oorsteek toe hy deur ʼn trein raakgery is. Hy is op die toneel dood verklaar. Molepo sê die oorledene was vermoedelik tussen 30 en 40 jaar oud. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.