Man deur weerlig doodgeslaan

ʼn Man is Donderdag deur weerlig doodgeslaan terwyl hy onder ʼn boom skuiling gesoek het in Nigel aan die Oos-Rand.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni nooddienste, sê die man het saam met ʼn groep mense onder die boom skuiling gesoek tydens ʼn hewige donderstorm in Marievale toe hy doodgeslaan is. Hy is op die toneel dood. Die ander mense is nie beseer nie. Ntladi sê ʼn huis is ook deur die weerlig raakgeslaan in Brentwood Park in Benoni waarna dit aan die brand geslaan het. Die brand is egter vinnig geblus en niemand is beseer nie. In nog ʼn voorval is ʼn man beseer nadat hy deur hael raakgeslaan is in Benoni. Hy is in die hospitaal opgeneem en is in ʼn stabiele toestand. Ntladi sê verskeie areas rondom Ekurhuleni het deurgeloop onder ‘n hewige donderstorm veral Boksburg en Benoni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.