ʼn Man is dood en 17 mense, insluitend 7 kinders, is Sondagaand in Randfontein dood in ʼn botsing reg van voor tussen ʼn motor en ʼn minibus-taxi.
Een van die kinders, ʼn vyfjarige, het kritieke kopbeserings opgedoen en is per helikopter Johannesburg toe geneem vir verdere behandeling.
Volgens Jeffrey Wicks, Netcare911-woordvoerder, het die ongeluk omstreeks 20:15 Sondagaand gebeur toe een van die twee voertuie in die aankomende verkeer se baan ingery het.
“Die bestuurder van die motor is kort na die ongeluk op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.
Die polisie ondersoek die saak.