Man dood, gebou brand agv weerlig in JHB

Weerlig het Donderdag tydens ‘n erge elektriese storm in die Roodepoort-omgewing ʼn man se dood veroorsaak en vermoedelik ook ʼn gebou aan die brand geslaan.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die man se liggaam is onder ʼn boom naby die Westgate-winkelsentrum aangetref. Hy het erge brandwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Daar word vermoed dat die man in sy veertigs is.

“Ons het kort daarna verneem van ʼn brandende gebou in Christiaan de Wetweg in Florida. Weerlig het glo die gebou getref, waarna dit aan die brand geslaan het. Paramedici en Johannesburg se brandweer is na die toneel ontbied. Niemand is gelukkig in dié voorval beseer nie,” het Jackson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.