Man dood gevind by skool

crime-scene-tape-320x191ʼn Saak van moord word ondersoek nadat die liggaam van ʼn 22-jarige man op die sportveld van ʼn hoërskool in Bonteheuwel in Kaapstad gekry is.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam is omstreeks 7:30 Dinsdagoggend gevind. Hy sê die man het verskeie steekwonde opgedoen. Kinana kon nie berigte dat die man geld geskuld het aan dwelmhandelaars bevestig nie. “Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.” Kinana sê twee mans is Dinsdag vir ondervraging ingeneem maar later dieselfde dag vrygelaat aangesien hulle nie met die moord verbind kon word nie. Independent Online het die oorledene geïdentifiseer as Anrich Isaacs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.