Een persoon is Maandag by ʼn substasie in Roodepoort tydens ʼn beweerde kabeldiefstal voorval doodgeskok. Die skok het ʼn brand by die substasie veroorsaak wat tans kragtoevoer in die omgewing beïnvloed.
Sol Masolo, ʼn woordvoerder van Johannesburg City Power, het die voorval bevestig. Roodepoort en omliggende gebiede word deur die kragonderbreking geraak.
Masolo kon nie sê wanneer kragtoevoer weer herstel gaan word nie.