Man dood in J-Bay ná haai-aanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat glo besig was om te snorkel, se liggaam is Vrydag by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangetref nadat ʼn haai hom aangeval het.

“Vrywilligers van die NSRI se seereddingspan is Vrydag omstreeks 11:30 ontbied ná berigte oor ʼn haai-aanval,” het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in ʼn verklaring geê. “Die voorval het by Lower Point langs Albatros-strand plaasgevind.”

Die haai was glo 4m lank en was só groot dat ooggetuies aanvanklik gedink het die man is deur twee haaie aangeval.

Twee reddingsvaartuie van die NSRI en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het reageer. “Die oorskot van ʼn volwasse man is uit die water gehaal en aan die polisie en forensiese patologiediens oorhandig.”

Die polisie ondersoek die voorval. Die man is nog nie uitgeken nie.

Strande in die omliggende gebiede is glo na die aanval gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.