Man dood na bloublasies hom steek

'n Bloublasie

ʼn 58-jarige man is Saterdagmiddag dood nadat bloublasies hom gesteek het terwyl hy by die Strand, Kaapstad geswem het, het Kaapstad se rampbestuureenheid gesê.

Roland Singh van Athlone het in anafilaktiese skok ingegaan as ʼn gevolg van die steke. Sy vriend, Ronald Andrew Kumar Singh het hom uit die water gehelp en lewensredders het KPR op hom toegepas, maar hulle kon hom nie red nie en hy is kort daarna dood. Volgens Wilfred Solomons-Johannes, waarnemende hoof van Kaapstad se rampbestuureenheid, is ʼn noodlottige allergiese reaksie vir ʼn bloublasie-steek uiters seldsaam. “ʼn Sensitiewe individu wat vatbaar is vir allergieë kan ʼn uiterste reaksie op die gifstowwe in die bloublasie se gif toon,” het hy gesê. “ʼn Allergiese reaksie kan lei tot koors, en die persoon se hart en longe kan ingee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.