Man dood ná drievoertuig-ongeluk in Kaapstad

Die foto is deur die gebruiker @ER24EMS op Twitter gelaai.

Een man is dood en twee vroue beseer na drie motors Maandagaand in mekaar vasgery het op Constantia Main-weg in Kaapstad.

“ʼn VW Polo het glo in die kant van die berg ingery ná die impak met die ander voertuie,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê. Die bestuurder van die VW Polo, ʼn man in sy 40s, het aan sy beserings beswyk en is dood verklaar.

Die ander twee voertuie, ook ligte voertuie, elk slegs met ʼn enkele vrouebestuurder het nie soveel skade opgedoen nie. Beide vroue het relatief ligte beserings opgedoen en is deur paramedici ondersoek. Een vrou is op die toneel behandel en daarna na Victoria-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die tweede vrou het besluit dat sy nie verdere behandeling by ʼn hospitaal benodig nie en het die toneel op haar eie verlaat.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.