Man dood ná hy onder bewegende trekker inval

ʼn Man is Dinsdag dood nadat hy naby Bronkhorstspruit onder ʼn trekker ingeval het.

Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911 sê die man, in sy 20s, het die trekker op ʼn grondpad bestuur toe die ongeluk omstreeks 16:00 gebeur het. “Dit blyk of die man van sy sitplek afgegly het en toe onder die bewegende trekker ingeval het,” het Wicks gesê. Wicks sê die trekker het uiteindelik teen ʼn heining tot stilstand gekom, maar die man was steeds onder die trekker vasgeknyp. “Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.