Man dood ná skietery naby Menlyn

ʼn Man is Dinsdag tydens ʼn skietery in Atterburyweg in die ooste van Pretoria doodgeskiet.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Kaptein Colette Weilbach, ʼn woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, sê die polisie is tans nog op die toneel en hulle sal in binnekort meer inligting bekend maak.

Na wat verneem word, het die skietery by ʼn vulstasie tydens ʼn vermeende rooftog plaasgevind. Dit is nog nie bekend of die persoon wat dood is ʼn vermeende rower of ʼn lid van die publiek is nie.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.