Man dood ná sluipslapers hom uit voertuig pluk

Wayne (32) en Shaun (34) Adendorff. Foto: Verskaf.

Wayne (32) en Shaun (34) Adendorff. Foto: Verskaf.

Wayne Adendorff, ʼn 32-jarige man van Pretoria, wat verlam en in ʼn kritieke toestand in die hospitaal gelaat is nadat sluipslapers hom, met die doel om hom te beroof, ná ʼn ongeluk uit ʼn voertuig gepluk het, is Saterdag oorlede.

Maroela Media het verlede Dinsdag berig Adendorff was op 12 Oktober omstreeks 21:30 op die Ou Johannesburgpad naby die SA Munt in Gauteng in ʼn ongeluk saam met sy broer, Shaun (34), en twee vriende.

Shaun, die bestuurder, het uitgeswaai nadat ʼn voertuig voor hom ingery het en hy het beheer verloor oor die voertuig. Die voertuig het gerol voor dit in ʼn spruit op sy kant tot stilstand gekom het. Die voertuig wat voor hul voertuig ingery het, het glo van die toneel weggejaag.

ʼn Onbekende hoeveelheid sluipslapers het toe op die voertuig se wrak toegeslaan en die insittendes uitgepluk en elkeen se selfoon gesteel. Hulle het weggehardloop toe die insleepdienste by die toneel opgedaag het. Wayne was sedert die ongeluk in die waakeenheid van Unitas-hospitaal. Shaun en die twee vriende sterk aan. ʼn Vriend van die familie het die nuus aan Maroela Media meegedeel en gesê die gesin is in dié stadium te getraumatiseer om met die media te praat.

Lees ook:
Jong man verlam nadat sluipslapers hom uit voertuig pluk ná ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

aletta hanekom Kleynhans ·

Dis n skande! More is dit my kind! Daardie slaapsluipers kry troetelnaampies dis hoekom dit so gaan in die land van ons. Opgevoede deernisvolle
Blanke en swart mense sal hulp verleen ( dis die naglopers vol drugs en drank Die jeug word opgestook om die wittes te besteel en dood temaak. Ek wil nog baie se. Maar dan word ek vewyder Malema se mense mag maak en se wat hul wil!! sterkte aan die jongman se ouers en vriende. genoeg is genoeg ek is self aangeval, en weet presies wat hul se en doen Ouers hou die kinders van die strate af en laat hul saam vriende by die huis kuier. Die oudae is verby!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.