Man dood ná sy huis in Parkwood, JHB afbrand

ʼn Man is Sondagaand dood toe ʼn brand in sy huis in Parkwood, Johannesburg, uitgebreek het, het nooddienste gesê.

Brandbestryders kon die brand blus en het die man se verkoolde oorskot net na 19:00 verwyder, het woordvoerder Robert Mulaudzi gesê. Vermoedelik het die man, in sy 30s, alleen in sy huis in Chesterweg gewoon. Mulaudzi sê die oorsaak van die brand word ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.