Man dood ná weerligstraal hom tref

ʼn Man is dood nadat hy Woensdagmiddag deur weerlig getref is, het paramedici gesê.

ER24 woordvoerder, Derrick Banks, het gesê die 43-jarige man het op ʼn teerpad in Sonlandpark, naby Vereeniging gestap toe die weerlig hom getref het. Daar het ongeveer ʼn halfuur voor die voorval ʼn storm in dié gebied geheers. Hy het op die grond gelê en het brandwonde aan die kant van sy kop en op sy linkerenkel gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.