Man dood, nog een ernstig beseer in motorfietsongeluk

Foto: ER24

ʼn Man in sy laat 40’s is dood en ʼn 23-jarige man is ernstig beseer na ʼn motorfietsongeluk in Vanderbijlpark.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die twee mans was op ʼn motorfiets toe dit glo teen ʼn vragmotor gebots het. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die man in sy 40’s is op die toneel dood. Die 23-jarige man het mond-tot-mond-asemhaling gekry. Hy het verskeie beenbreuke in sy arms en bene opgedoen. Hy is per helikopter na die hospitaal geneem. Die insittendes van die vragmotor is nie beseer nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.