ʼn 29-jarige man is Woensdagaand dood nadat sy bakkie verskeie kere naby Middelburg, Mpumalanga, gerol het.
Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het Donderdag gesê die man is uit sy bakkie geslinger terwyl dit gerol het.
“Die man is deur ʼn boer gevind wat daar naby bly. Die boer het die paramedici ontbied,” het Jackson gesê. Die man het veelvoudige ernstige beserings aan sy kop en bors opgedoen en het ook interne beserings gehad. Hy is op die toneel dood verklaar.
Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk ontstaan het nie. Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie. Die polisie ondersoek die saak.
Arme man. So onnodige dood. Maroela haal asb. die popups af. Ons is moeg om te lees van die ou tannie wat niemand van hou nie.
Hallo vuurvreter ek stem 100% saam oor die iriterende popups. Ek kry die man en sy familie baie jammer. Dis tragies!
Ek stem saam vuurvreter (veral oor die pop-up).