‘n Man van Brasilië is dood nadat ‘n koei deur sy huis op sy bed geval het.
Die ongeluk het Woensdag in Minas Gerais, ‘n bergagtige streek in Brasilië, plaasgevind. Joao Maria de Souza het glo op sy bed gelê in sy huis wat ondergronds gebou is, toe ‘n koei, wat gewei het, op die sinkdak getrap en deurgeval het.
Die man was steeds by sy bewussyn toe hy in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem is, maar is later aan inwendige bloeding dood.