Man dood toe vrag op hom land

Argieffoto

‘n Man is by ‘n skrootwerf in Kimberley doodgedruk toe ‘n metaalvrag van ‘n hyskraan op hom geval het.

“Die 35-jarige man was onder die gewig van die metaal vasgedruk,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy kollegas kon die metaalvrag verwyder, maar dit was te laat, aangesien hy reeds aan sy beserings beswyk het.”

Dit is nog nie duidelik hoe die vrag losgekom en geval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.