Man dood, twee beseer in vragmotor-ongeluk op N3

Die foto is deur paramedici op die toneel geneem

Een man is dood en twee ander beseer in ʼn ongeluk op die N3-snelweg naby Durban, het paramedici Dinsdag gesê.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie, maar ʼn vragmotor wat ʼn ander vragmotor gesleep het, was stilstaande aan die kant van die snelweg. ʼn Derde vragmotor het toe in die twee stilstaande vragmotors vasgery,” het André Visser, woordvoerder vir ER24 gesê. Die ongeluk het net voor middernag in Cato Ridge plaasgevind. Toe die paramedici opdaag was drie beseer, een baie ernstig. “Reddingswerkers het noodbehandeling op hom toegepas, maar hy is op die toneel dood.” Twee ander mans is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.