Man dood, twee vermis na boot omslaan

Foto: NSRI

ʼn Man is dood en twee mans word vermis nadat hulle boot laat Saterdagmiddag op die Visrivier naby Port Alfred in die Oos-Kaap omgeslaan het.

Juan Pretorius, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Port Alfred, sê die NSRI het omstreeks 20:30 Saterdagaand ʼn oproep ontvang van ʼn man. Die man het aan hulle gesê dat hy saam met sy pa, oom en ʼn vriend van sy pa visgevang het toe hulle boot omgeslaan het. Hy kon daarin slaag om veilig die kant te bereik waarna hy sowat 3km ver geloop het om die NSRI in kennis te stel van die voorval. Die NSRI het ʼn soektog van stapel gestuur na die drie vermiste mans waarna die liggaam van een van die mans in vlak branders gevind is. Pretorius sê die soektog na die twee vermiste mans duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.