Man dood, vier beseer in ongeluk

ʼn Man is dood en vier mense is beseer nadat die motor waarin hulle gery het Sondag teen ʼn boom gebots het in Phoenix, Durban in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê toe paramedici en die brandweer op die toneel aangekom het, was die bestuurder van die motor en die voorste passasier steeds in die wrak vasgekeer. ʼn Man en vrou, albei in hulle 20’s, is ook ernstig beseer in die ongeluk. Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Een van die mans is kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.