Man dood, vier beseer na motor boom tref

ʼn Man is Sondag dood en vier ander mense is beseer nadat die motor waarin hulle gery het teen ʼn boom gebots het op de R506 in Noordwes.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die bestuurder van die Volkswagen Polo het beheer verloor oor die motor voor dit teen die boom gebots het. Vermaak sê ʼn man is op die toneel dood verklaar. Twee mense is ernstig beseer en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Vermaak sê nog twee mense het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle ook na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.