Man dood, vrou beseer na aanval

ʼn 40-jarige man is dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is in sy huis in Rustenburg in Noordwes.

Kapt. Amanda Funani, sê die man en sy vrou is omstreeks 3:00 Saterdagoggend in hulle huis aangeval. Sy sê die man het ʼn geluid gehoor in die huis en gaan ondersoek instel waarna hy ʼn man in die stikamer betrap het. “Die verdagte het die man en sy vrou glo met ʼn mes gedreig. Die oorledene en die verdagte het glo in ʼn geveg betrokke geraak. Die oorledene is 10 keer met die mes gesteek en het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.” Sy vrou is ook gedurende die aanval beseer. Die verdagte het van die toneel gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.