Man doodgery ná hy ander probeer waarsku

Die voertuig waarin Chris Möller en sy gesin gery het nadat hulle 'n bees gestamp het. Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Man van Louis Trichardt in Limpopo is doodgery nadat hy aankomende motoriste wou waarsku oor ʼn bees wat in die middel van die pad gelê het.

LookLocal Polokwane berig dat Chris Möller (32) en sy gesin Sondagaand omstreeks 19:00 op pad was na Louis Trichardt, toe hulle ʼn bees gestamp het. Möller en sy stiefseun, Jan Bester, het uit hul voertuig geklim om aankomende verkeer te waarsku teen die dooie bees wat in die pad gelê het. Die eerste aankomende voertuig het glo oor die bees gery waarna ʼn tweede voertuig vir Möller getref het waar hy langs die pad gestaan het. Sy lewensmaat, Maraai Venter, ma Annetjie en stiefseun Jan, het alles gesien gebeur. “Hy het deur die lug getrek en aan die ander kant van die pad in die aankomende verkeer beland, ek het na hom gehaas, maar daar was nie veel wat ons kon doen nie,” het die erg getraumatiseerde Maraai verduidelik. Möller is kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. “Hy het probeer om mense te waarsku om nie nog ‘n ongeluk te maak nie, maar toe word hy so wreed geneem,” het Maraai in trane verduidelik. Möller laat ook twee kinders en nog twee stiefkinders agter.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.