‘n Polisiebeampte het Woensdagoggend ʼn man in Kaapstad doodgeskiet nadat die man glo ʼn ander beampte tydens ʼn roetineondersoek gewond het.
Moses Dlamini, woordvoerder van die polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê twee konstabels het die Bishop Lavis-omgewing in Bonteheuwel patrolleer toe hulle die man in die vroeë oggendure in die pad sien loop het.
“Hulle het die man gestop en begin deursoek waarna hy glo ʼn vuurwapen uitgepluk en een van die konstabels in die nek geskiet het,” het Dlamini gesê.
Die tweede konstabel het teruggeskiet en die man in sy regterskouer en neus geskiet. Die man is op die toneel dood verklaar. ʼn Pistool waarvan die reeksnommer afgevyl is, is in die man se besit gevind.
Die gewonde polisiebeampte is in ʼn kritieke toestand na die die Tygerberg-hospitaal geneem.
Nou gaan hulle seker n ondersoekspan aanstel om te kyk of kan hulle nie die Polisieman aankla vir moord nie. Knap gedaan SAP ons kort meer lede soos jy.
Capies vattie k@kie!