Man doodgeskiet tydens gyselaarsdrama

Die foto is deur @MsSonamSareen op Twitter gelaai.

Die man wat Vrydagoggend skote afgevuur en mense gyselaar gehou het by die Westville-hospitaal in Durban is deur die polisie doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Jay Naicker, sê die man het ʼn vrou vir nagenoeg vier uur gyselaar gehou voor sy gered kon word. Die vrou is ook geskiet. Naicker sê die polisie het met die man probeer onderhandel terwyl hy die vrou gyselaar gehou het in die hospitaal se kombuis. Die polisie het die gebou binnegegaan en die man doodgeskiet. Volgens berigte was die man glo bipolêr. “Die man het omstreeks 7:40 vanoggend daarop aangedring om ʼn dokter te sien. Hy het glo ongeduldig begin raak en skote afgevuur.” ʼn Hospitaalsuster is beseer nadat sy deur skrapnel getref is terwyl ʼn veiligheidswag in die been geskiet is. ʼn Lid van ‘n spysenieringsmaatskappy het wonde aan haar been en skouer opgedoen. ʼn Woordvoerder van die hospitaal, Leanne Nyiri, sê die man het ook ʼn ontvangsdame gyselaar geneem maar sy kon daarin slaag om te ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.