Man doodgeskiet tydens Roodepoort-betoging

Die foto is deur Power987 news op Twitter gelaai.

Die foto is deur Power987 news op Twitter gelaai.

ʼn Polisiebeampte het Donderdag ʼn betoger in Roodepoort doodgeskiet.

“Die man is geskiet kort nadat inwoners van die Durban Deep informele nedersetting, wat oor behuising betoog, vanoggend paaie in die gebied met brandende bande en klippe versper het,” het lt.kol Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“Gedurende die betoging het ʼn polisiebeampte in ʼn ongemerkte voertuig die gebied betree. Die betogers het op die voertuig afgestorm en dit begin skud. Die beampte, ʼn adjudant-offisier, het na bewering waarskuwingskote afgevuur. Een van die betogers is gewond en is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Die betoging het omstreeks 06:00 begin. Mogale het gesê die betogers het klippe na verbygaande voertuie gegooi en ʼn gedeelte van Randfonteinweg was vir verkeer gesluit.

Mogale het gesê daar is tot dusver 15 mense in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. “Die polisie moes met rubberkoeëls op die betogers skiet om hulle uitmekaar te jaag.”

Die polisie het Donderdagmiddag versperrings in Randfonteinweg verwyder en verkeer beweeg weer normaal. “Die openbare orde-polisie en die Johannesburgse metropolisie hou die situasie dop om seker te maak dat daar nie tydens spitstyd enige voorvalle plaasvind nie.”

Die skietery sal deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Nog n man wat staak vir sy regte wat aan hom BELOWE is deur die anc word deur die polisie geskiet. Waar gaan dit eindig? Hoop die man se gesin ry die polisie asook die lid vir duisende rande! Ongelukkig is ons geld hier betrokke.

Word die betrokke lid vir moord aangekla? Dan vra die polisie hulp van die publiek …. respek van die publiek …. dan gebeur sulke dinge …. jammer julle verdien GEEN respek!

PURE BOER ·

Een probleem “Eben”,,, hulle maak elke keer hulle X by die anc, kry nie wat hulle beloof is nie, staak gou en iemand gaan dood! Maak sy X maar net weer by anc. Hulle moet dit net in hul klein kopies kry dat die anc gee niks vir hul om nie, net om die X te kry en soos konings te leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.