Man doodgeslaan ná hy glo drie kinders doodry

ʼn Man is Sondag deur ʼn groep mense in Roodepoort doodgeslaan nadat hy glo drie kinders doodgery het.

“ʼn Man, in sy dertigs, is Sondag deur gemeenskapslede aangerand nadat sy voertuig in ʼn groep mense ingeploeg het. Twee seuns en ʼn meisie is tydens die voorval dood. Die kinders was tussen 6 en 7 jaar oud. ʼn 5-jarige kind en ʼn vrou is ook tydens die voorval beseer en sterk in die hospitaal aan,” het Synock Matobako, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê.

Na wat verneem word, het twee mense, wat saam die slagoffer in die voertuig was, van die toneel weggehardloop.

Adjudant-offisier Daniel Mavimbela, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die voorval en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.