Man doodgeslaan ná hy lekkers steel

ʼn Man is Donderdag in Polokwane doodgeslaan ná hy glo lekkers van ʼn winkel gesteel het.

Volgens luitenant-kolonel Moatshe Ngoepe, ʼn woordvoerder van die Limpopo-polisie, het ʼn groep inwoners die man vasgetrek ná hy probeer vlug het. Die groep mense het verskillende voorwerpe gebruik en die man doodgeslaan. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

“Ons is baie bekommerd oor die toenemende voorvalle waar inwoners gereg in eie hande neem,” het hy gesê. Hy het gesê mense wat hieraan skuldig is, sal vervolg word. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.