ʼn Man is Donderdag in Polokwane doodgeslaan ná hy glo lekkers van ʼn winkel gesteel het.
Volgens luitenant-kolonel Moatshe Ngoepe, ʼn woordvoerder van die Limpopo-polisie, het ʼn groep inwoners die man vasgetrek ná hy probeer vlug het. Die groep mense het verskillende voorwerpe gebruik en die man doodgeslaan. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.
“Ons is baie bekommerd oor die toenemende voorvalle waar inwoners gereg in eie hande neem,” het hy gesê. Hy het gesê mense wat hieraan skuldig is, sal vervolg word. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.