Man doodgesteek ná hulle glo oor vrou baklei

ʼn Man is in verband met die moord op ʼn 30-jarige man in Bela Bela in hegtenis geneem, het Limpopo-polisie Sondag gesê.

Die 30-jarige beskuldigde het omstreeks 04:00 Sondagoggend glo die man doodgesteek nadat hulle oor ʼn vrou baklei het, het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê. Die slagoffer het ernstige borsbeserings opgedoen en is na die hospitaal geneem waar hy kort daarna oorlede is. Die polisie-ondersoek duur voort en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn, het Ramatseba gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.