ʼn Man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy vermiste susterskind se geslagsdele in sy beursie gevind is.
Kolonel Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die 18-jarige seun van die Thebe-nedersetting in Ngcobo het Sondag vermis geraak.
“ʼn Lid van die gemeenskap het Woensdag die seun se geslagdele in die man se beursie gesien en die polisie ontbied,” het Fatyela gesê. Die polisie het die 42-jarige man ondervra waarna hy hulle na die Malande-woud geneem het waar die tiener se erg geskende liggaam gevind is. Sy kop, arms en bene is afgesny en naby sy liggaam gevind.
Die man moet Donderdag in die Ngcobo-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.