Man dreig om van Kaapse burgersentrum se dak te spring

'n Man is op die Burgersentrum  se dak. Foto: Ashleigh de Wet / Twitter

‘n Man is op die Burgersentrum se dak. Foto: Ashleigh de Wet / Twitter

Lees ook: Video: Selfmoorddrama by Kaapse burgersentrum

ʼn Groot groep skare drom saam by die Burgersentrum in Kaapstad waar ʼn man op die dak van die 23 verdieping hoë gebou dreig om na sy dood te spring.

Die polisie, brandweer en rampbestuureenheid is op die toneel en het inwoners versoek om die gebied te vermy. ʼn Traumaberader is ook op die toneel en probeer om die man te oorreed om nie te spring nie. Hy het glo ʼn ruk gelede ook items van die dak af gegooi.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, het aan Maroela Media gesê dit is nie duidelik hoe die man op die sentrum se dak gekom het nie. Dit is ook nie bekend of die man ʼn munisipale werker of ʼn lid van die publiek is nie. Die man se identiteit is nog nie bekend nie.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henk Venter ·

Jammer maar ek het nie simpatie met sulke tragiese gevalle nie.

Marietjie ·

Henk miskien moet jy nie die woord tragies in jou sin gebruik nie. Want dit is juis wat dit is, tragies en met tragedie het mens gewoonlik simpatie.

Marietjie ·

Henk dalk moet jy nie die woord tragies in jou sin gebruik nie. Dit is juis wat dit is, tragies en gewoonlik het mens simpatie met ‘n tragedie.

Lillian ·

Ek glo die traumaberader sal die ding kan doen en die man oorreed dat dit nie die moeite werd is om te spring nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.