Man en kind beseer in hysbak-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man en ʼn eenjarige kind is Woensdag in Durban beseer nadat hulle per ongeluk in ʼn oop hysbakskag ingestap en geval het.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het Donderdag gesê die man en die kind het vir ʼn hysbak staan en wag in ʼn gebou in Gillespiestraat. “Toe die hysbak se deur oopgaan, het die man en kind ingestap en geval,” het Venter gesê. Die hysbak het twee verdiepings laer vasgesit en die man en die kind het op die hysbak se dak geland.

“Omstanders het gou besef wat gebeur het en het die kind by die man afgeneem en met ʼn privaat voertuig na ʼn hospitaal gehaas. Dit is nie bekend watter beserings die kind opgedoen het nie en in watter toestand die kind is nie.”

Die omstanders het daarna die man gered en paramedici ontbied. Die man het verkeie bene gebreek en is na die Addington-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stoere Boer ·

Hoe loop jy in ‘n hysbak in sonder om te kyk? Seker gedink die ligte is af (dalk in sy kop) en die hysbak het ‘n pragtige rou muur agtergrond

Jasper ·

Moontlike 2 redes. Haastigheid of deur die blare. Ekself was al so haastig dat ek byna in myself vasloop toe ek skielik wou omdraai. Hoeveel van ons het al gehol vir n hysbak voordat die deur toegaan ?

Thane van Niekerk ·

Health and Safety lesson for all unfortunately. Perhaps the property owner should affix warning signs to the shaft wall as well as change the colour of the lift floor to something obvious such as green. Wishing them both a speedy and full recovery! -I am passionate about ensuring Health &Safety.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.